top of page

Doop
Die doop is ’n heilige sakrament, ingestel deur Christus self, as teken van sy genade vir almal wat Hom in geloof as Verlosser omhels. Op doopsondag kom ouers na die doopvont—gevul met eenvoudige WATER, maar draend aan ’n dieper waarheid: dit herinner ons aan die reinigende BLOED van Jesus Christus wat nuwe lewe moontlik maak.
Wanneer ouers hulle kind na die water bring, getuig hulle daarmee dat hulle self deel is van die verhaal van Christus—dat hulle hul lewe onder sy bloed en genade geplaas het, en oortuig is dat hulle aan Hom behoort. Die doop word só ’n simboliese én diep werklike oomblik waarin God se beloftes oor ’n nuwe lewe uitgespreek word.
Doopvorm
bottom of page


