top of page
ADMINISTRASIE

ADMINISTRASIE

Elizma Els

BYBELSKOOL

BYBELSKOOL

'n Kosbare bediening in die geestelike toerusting van ons gemeente na lidmate is ons Bybelskool. Dit vind gewoonlik op 'n Sondagaand om 18:00 in die konsistorie plaas. Hier word saam gepraat en besin oor aktuele onderwerpe in die lig van die Woord. In besonder word daar gefokus om lidmate toe te rus om elke Bybelboek in sy geheel te lees en te verstaan. Tans is David Pawson se Unlocking the Bible DVD-reeks die grondslag vir ons Bybelskool. Kom maak gerus 'n draai en kom leer meer van die Woord!



Jat du Toit

FINANSIES & ADMIN

FINANSIES & ADMIN

Ian Viljoen

INLIGTING & NUWE INTREKKERS

INLIGTING & NUWE INTREKKERS

Hierdie is Sondae ons een-stop-bedienings-toonbank in die voorportaal van die gemeente! Hier ontvang Nuwe Intrekkers alle toespaslike inligting om in die gemeente te kan inskakel. Lidmate kan Sondae direk ná die erediens gemeente en bedieninge inligting, afhaal van preke, kleingroep materiaal, en besprekings vir funksies en etes, versoeke vir besoeke, ens. by hierdie toonbank doen. 



Wynina J van Vuuren

KINDERBEDIENING (4JR - GR R)

KINDERBEDIENING (4JR - GR R)

Ons kinderbediening bestaan uit:

 Verkleurmannetjies: Ouderdom 4 en 5 jaar

 Vuurvliegies: Graad R


VERKLEURMANNETJIES (4-5 jariges)

Dié groep is gerig op 4 en 5 jariges, en vind plaas gedurende ons oggend erediens in die kerksaal op die gallery. Daar is een aanbieder en een hulp per Sondag. Ons maatjies word hierdie bedien met ouderdomsgeskikte lessies en kreatiewe aktiwiteite. Kontak gerus Jolandi du Plessis  as jy vir ons met ons maatjies kan help! 


VUURVLIEGES: Graad R

Ons voorskoolse maats is by hierdie groep betrokke! 'n Meer formele, gestrukureerde les word Sondae aangebied, wat fokus op die bekende verhale asook geloof, gebed, en geestelike groei.  Daar word weekliks 'n ouderdomsgeskikte hand aktiwiteit gedoen rondom die lestemas, wat vaardighede vir skool gereedheid help ontwikkel.

Lelani Labuschagne

KOINONIA (SENIORS)

KOINONIA (SENIORS)

Koinonia is 'n Griekse woord wat beteken: gemeenskap, gesamentlike deelname, deel met mekaar, gedeelde bydraes. Dit verteenwoordig die ideale staat van dissipelskap (fellowship) en eenheid wat binne die kerk moet heers - binne die liggaam van Christus. Die doelstelling en inhoudelike van die woord Koinonia word vooropgestel waar betrokkenheid, kommunikasie, idees, uitruiling, bou van intieme geestelike verhoudings plaasvind. 


HIERDIE is die visie en praktyk van die Koinonia groep binne ons gemeente wat spesifiek gefokus is om ons senior lidmate (60 jaar+) in die gemeente te bedien. Die Koinonia groep vergader gewoonlik maandaliks waartydens saam uitstappies, besprekings en besoeke onderneem word. Daar is beslis nie 'n gebrek aan saam gesels, kuier, tee en verversings by hierdie byeenkomste nie! Kom skakel gerus in!

071 312 2240

Gerrie Cloete

PASTORALE SORG (60 JAAR+)

PASTORALE SORG (60 JAAR+)

082 646 2405

Dr Gerhard Coetzee

UITREIK

UITREIK

Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal My getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” (Hand. 1:8)

Ons glo dat hierdie opdrag is aan elke lidmaat gerig. Elkeen van ons hou ‘n legkaartstukkie in die hand om as gestuurde van God te leef om daardeur geloofwaardig ‘n verskil in die lewens van alle mense te maak! Ons glo dat ons eerste verantwoordelikheid ten opsigte van ons uitreiktaak begin in elkeen van ons se eie lewens– en invloedsfere hier in Potchefstroom tot waar dit mag strek! Daarom is ons gemeentevisie dan ook: “Om te lewe as nuwe mense vir God en vir ander!”

In die uitlewing van Hand. 1:8 is ons betrokke by . . .

Potchefstroom Hospitaal Sending

VGK Promosa
CEF Helderberg
Bybelverspreiding Projek

CEF Suid-Afrika
Malawi Sending
CEF Seychelles

CEF Madagaskar


Jy kan help om die legkaart te voltooi deur jou legkaartstukkie by ons gemeente se Uitreikbediening in te pas deur gebeds- en finansiële ondersteuning van ons sendelinge en projekte, korrespondensie met ons sendelinge, op ‘n korttermynuitreik te gaan en seminare en kursusse vanaf die Uitreikbediening by te woon, soos byvoorbeeld die KONINKRYKSFOKUS seminaar. Kom sluit by ons aan om saam die wêreld te bereik! 

Marié du Toit

BARMHARTIGHEID

BARMHARTIGHEID

Ons glo dat elkeen van ons is op aarde geplaas om ‘n bydrae te maak. God het elke een van ons geskep met gawes, vermoëns, talente, passies en persoonlikhede om met ons lewens ‘n verskil te maak. Jý het ‘n plek, doel, rol en funksie in God se koninkryk. Mag ek en jy óók soos Jesus aan die einde van ons lewe kan bid en bely: “Ek het U op die aarde verheerlik deur die werk te volbring wat U my gegee het om te doen.” (Joh. 17:4)


Diens is die hart van die Christen-lewe.  Die Here het ons gemeente deur die tyd heen gelei om by verskillende vorme van nood in ons gemeenskap betrokke te raak. In die uitlewing van ons roeping om Jesus se voorbeeld te volg om in liefde die nood van ander te verlig is ons betrokke by ...

DIE ABRAHAM KRIEL KINDERHUIS

KERS-ETE PROJEK
KOMBERS-PROJEK

TOEBROODJIE-PROJEK (Laerskool President Pretorius)
NWU HULPBEHOEWENDE STUDENTE PROJEK
OMGEEMANDJIE VIR BEHOEFTIGE INSTANSIES

KINDER- EN GESINSORG

ANDER PROJEKTE


Jy kan by ons Barmhartigheidsbediening betrokke raak deur gebeds- en finansiële ondersteuning van ons hulpverlenings-aksies en projekte, ‘n bydrae te lewer tot een van ons barmhartigheidsprojekte, saam op ‘n uitreik te gaan waar ons hulpverlening gaan aanbied en jou naam deur te gee na die kerkkantoor (018 290 5026) as jy meer inligting rondom een van ons projekte sou verlang óf betrokke wil raak!

Kate Naudé

DIENSVERHOUDINGE

DIENSVERHOUDINGE

Carina Linde

GASVRYHEID

GASVRYHEID

Ons Gasvryheidsbediening is wat die bediening se naam verwoord: GASVRYHEID! Hierdie is die bediening wat verantwoordelik is vir alle gemeente funksies se verversings en geselligheid. Dit sluit onder andere ons jaarlikse Gemeente-Ete in die vorm van 'n skaap- of osbraai en lidmate onthale in. Ons benodig altyd 'n hand wat kan kom help om tafels te dek of 'n ietsie gaar te maak! Kontak gerus Monica Otte wat jou met haar gasvryheid sal laat bedien en dien in die gemeente! 

Isola Gerber

J-KIDS (Graad 1 tot 6)

J-KIDS (Graad 1 tot 6)

Die J-KIDS-bediening is ons bediening in die gemeente vir ons graad 1 tot 6 maats. Die J-KIDS kuier aan die begin van ons oggend erediens saam met hul ouers in die kerk. Na 'n kindermoment in die erediens beweeg ons J-Kids maats na die kerksaal waar hul bediening dan verder plaasvind. Hier word saam gelofprys en 'n gesamentlike grootgroep inset vir hulle aangebied. Daarna beweeg hulle in hul onderskeie graadgroepe in om saam met 'n jeugbediener verder die inset te bespreek en aktiwiteite te doen. 


Ons het naas ons gereelde saam kuiers en uitstappies, twee groot hoogtepunte in ons J-KIDS bediening: ons jaarlikse KINDERKAMP en ons KINDERKERMIS wat gewoonlik op die laaste Vrydag middag jaarliks op ons kerkterrein plaasvind.  


Kontak gerus vir Jolandi du Plessis as jy meer inligting oor die J-KIDS program en bediening wil kry. As jy is ook welkom om by Jolandi aan te meld as 'n jeugbediener om hier te help en te bedien!

Lelani Labuschagne

KLANK & TEGNOLOGIE

KLANK & TEGNOLOGIE

Ons Erediens en Klank bediening is verantwoordelik vir al ons klank, visuele en elektroniese dienste binne ons eredienste en gemeente-lewe. Dit bied terseltyd vir ons 'n kosbare bedieningsgeleentheid buite ons gemeente grense na ander in ons land en die res van die wêreld. 

Louis Duvenhage

KOMMUNIKASIE

KOMMUNIKASIE

Ons gebruik verskeie soorte media om met ons lidmate te kommunikeer: Whatsapp, SMS, Youtube en Facebook.


Sluit gerus by ons aan:

Facebook: https://www.facebook.com/grimbeekpark

Ons preke is beskikbaar op:

Youtube:  https://www.youtube.com/channel/UCm-AYMpGDxZFSy_UMh0jcbA

Whatsapp community: https://chat.whatsapp.com/BDN1XGPOmVU74sTzxyuwFM

Corlia de Beer

STRATEGIE

STRATEGIE

Navorsing en Strategie is 'n portefeulje op ons Gemeenteraad wat daarop fokus om die gemeente-lewe te analiseer ten einde die bedieninge in die gemeente te verbeter en te verdiep. Dit is 'n belangrike skakel in die proses om die gemeente missionaal te posisioneer in ons tyd en leef wêreld. 

Louis du Plessis

BEGRAFNISDIENS

BEGRAFNISDIENS

Ons begrafnisdiens bediening is verantwoordelik vir die voorbereiding van verversings en teeskink tydens begrafnisse in die gemeente. Matilda Nagel is verantwoordelik vir die koördinering van hierdie bediening.

073 156 1100

Matilda Nagel

EREDIENSBEDIENERS

EREDIENSBEDIENERS

Erediensbedieners in die gemeente is lidmate wat voor ons eredienste die verwelkoming by die kerkdeure asook die opneem van offergawes tydens ons eredienste waarneem. Hierdie erediensbedieners is óók verantwoordelik vir die voorbereiding en bediening van nagmaal in die gemeente. Indien jy sou wou betrokke raak en deel van hierdie span bedieners wil word is jy welkom om Jean du Toit te kontak en in te skakel (sien kontakbesonderhede hieronder).

082 619 5091

Marius Holzhauzen

GEBED

GEBED

As ‘n mens bid, gebeur iets geweldigs: aarde en hemel ontmoet mekaar. Die nietige mens kom in aanraking met die lewende God. Die blote gedagte hieraan vul ‘n mens se gemoed met ontsag en verwondering. Ontsag vir die grootheid van God. Verwondering dat Hy dit tog vir ons klein mensies moontlik maak om met Hom in aanraking te kom. Ons glo dat dit die voorreg is van elke lidmaat in ons gemeente. Ons glo dat God werklik ‘n verskil kan maak deur gebed. 

 

Die Here het ons deur die tyd heen gelei om verskillende gebedsaksies in en vir die gemeente in plek te bring waarby lidmate betrokke kan raak, naamlik:

VOORBIDDING VIR EREDIENSTE

'n KRISIS-GEBEDSKETTING

HUISGODSDIENS

GEBEDSAFSONDERINGS - gewoonlik op die eerste Saterdagoggend van elke maand
GEBEDSMANNA - 'n daaglikse stukkie pitkos vir persoonlike gebed en ondersteuning

GEBEDSAGENDA - ‘n tweeweeklikse gebedsbulletin met gebedspunte en inligting vir gebed

Ons ondersteun óók groter GEBEDSPROJEKTE soos die Wêreldbiddag vir Vroue/Manne.
Ons gee óók GEBEDSTOERUSTING by wyse van ons eredienste, Maand van Gebed (Februarie), kleingroepe en spesiale gebedskolingsgeleenthede. 


Kom bid saam met ons!

079 877 6466

Gert Jansen van Vuuren

JAYS (GR 7 - 10) & KATKISANTE

JAYS (GR 7 - 10) & KATKISANTE

Die JAYS-bediening is ons TIENER-bediening in die gemeente vir ons graad 7 tot 10 maats. Die JAYS kuier gewoonlik weekliks op Sondae om 17:00 saam by die kerk. Hierdie is 'n bediening vir en deur ons tieners om saam die Here te aanbid, saam te gesels, meer te leer en saam aksies te onderneem. Daar word dikwels voor die tyd heerlik saam gespreel aan volleybal of "action frisby". Van tyd tot tyd word daar óók saam met ander gemeentes se tieners gekuier!

Ds Marius de Beer

KLEINGROEPE

KLEINGROEPE

Kleingroepe waar omgee groot is! Dit is die gemeente se doel om deur middel van omgee binne 'n kleingroep God se roeping te vervul om mekaar binne die gemeente te versorg en dien. Ons kom gereeld as kleingroepe bymekaar om saam oor temas rondom die Woord te gesels en mekaar geestelik te verruim. Dit is soos Paulus sê in 1 Kor. 14:12: “Dit is ook op julle van toepassing. As julle julle toelê op die gawes van die Gees, streef dan na dié wat tot opbou van die gemeente dien, sodat julle daarin kan uitmunt.” Hiermee ontwikkel hegte vriendskappe wat mekaar in alle aspekte opbou. Kom sluit aan, neem deel tot seën van mede broers en susters en ons gemeente-lewe. Voorwaar ‘n wonderlike voorreg en ervaring!

Renier Els

MUSIEKBEDIENING

MUSIEKBEDIENING

Musiek en gemeentesang vorm 'n integrale deel van NG GRIMBEEKPARK se eredienste en gemeente-lewe! Ons is bevoorreg om 'n begaafde orrelis te hê wat die gemeente op 'n klassiek-komtemporêre wyse bedien met die kerkorrel en 'n elektroniese klavier tydens ons byeenkomste. Die gemeente het ook die voorreg om verskeie lidmate te hê wat 'n wye en ryke verskeidenheid van klassieke instrumente soos viool, tjello, trompet en fluit bespeel. Dit bied 'n besondere musikale platform vir ons eredienste en bediening van die Woord. Kom kuier by ons en sing saam tot eer van die Here!

Louisa Hattingh

TERREIN & EIENDOMME

TERREIN & EIENDOMME

Jan van der Westhuizen

© 2023 NG Grimbeekpark.

bottom of page